Bybelgedeelte: Jeremia 29: 4 - 7
'n Deel van die volk Israel is in Babel. God het hulle Self daarheen laat wegvoer as gevolg van hulle sondes. Hulle was opgewonde toe Gananja (die valse profeet - vgl Jeremia 28) hulle vertel het dat dit nie meer lank sal wees voordat hulle weer sal terugkeer na Israel nie. Dit is juis die rede waarom God 'n baie spesiale brief deur die profeet Jeremia aan die ballinge stuur. Hy - die Almagtige - die God van Israel - Hy wat hulle weggevoer het in ballingskap - het nou 'n baie belangrike opdrag vir hulle.
Die boodskap is duidelik. Die ballinge gaan nog lank in Babel moet bly. Hulle moet vrede maak daarmee dat hulle vir die huidige nog vreemdelinge in 'n vreemde land sal wees. Maar - en hier is 'n baie belangrike boodskap!! God wil nie dat hulle met 'n "slagoffer"-mentaliteit sal lewe nie. 'n Slagoffer is iemand wat die hele tyd homself sit en jammer kry. God wil dat hulle iets daadwerkliks moet DOEN. Hy gee vir hulle doelwitte vir die korttermyn - bou huise en plant tuine. Hy gee vir hulle doelwitte vir die mediumtermyn - trou en bring kinders in die wêreld. Hy gee ook vir hulle doelwitte vir die langtermyn - laat julle kinders trou en kinders in die wêreld bring. Anders as wat hulle miskien sou wou (om nie kinders in ballingskap te hê nie), moet hulle baie word in Babel. En sekerlik die heel belangrikste van die opdrag. Soek Babel se belang en bevorder Babel se belange, want dan sal julle belange ook bevorder word. (Die woord wat gebruik word is SHALOM - die lewe soos God dit bedoel het om te wees!)
In sulke moeilike omstandighede (soos die ballingskaptyd van Israel) is dit amper noodwendig dat 'n mens net aan jou eie belange sal dink. God se opdrag is ondenkbaar, maar tog baie duidelik. As jy wil hê dat jou eie belange gedien moet word, soek dan die belange van die stad (en die mense) waarbinne jy nou as "vreemdeling" woon.
Wat sou die implikasies van hierdie opdrag vir ons as Christene binne 'n "nuwe" Suid Afrika wees? Kom ons besin baie ernstig daaroor.